{"product_id":"9780799391657","title":"Onweerstaanbare passie Omnibus","description":"\u003cp\u003e'n Ongewone meisie\u003cbr\u003eSoleil en die sakeman\u003cbr\u003eFormuleliefde\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Ongewone meisie:\u003cbr\u003eAlhoewel hy Juli se teenwoordigheid verpes, begeer hy haar ook. Toe Juli Baxter se biologiese pa haar as lyfwag vir Zack huur, beskou sy dit as bloot 'n opdrag. Sy kom egter gou agter sy het haar lelik misgis …\u003cbr\u003eWie haat Zack genoeg om hom te wil vermoor? En wat is die betekenis van die wit angeliere wat telkens voor 'n aanslag op sy lewe by Zack afgelewer word? Juli oortree elke reël van professionaliteit wanneer sy voor sy sjarme swig.\u003cbr\u003eDie spanning - ook tussen Zack en Juli - bereik 'n hoogtepunt toe Zack die moordenaar uitlok, maar byna self in sy eie strik trap …\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSoleil en die sakeman:\u003cbr\u003eSoleil het van kleins af 'n heldeverering vir Jason gekoester, sedert haar ma as huishoudster in sy pa se diens getree het. Sy is skaars agtien toe sy die passie in hulle verhouding ontdek. Kort daarna verdwyn Jason - waarheen, weet nugter alleen.\u003cbr\u003eNou, twaalf jaar later, het sy haar mediese studie voltooi en Jason is terug. En Soleil kan nie eens teenoor haarself erken met hoeveel drif sy hierdie man liefhet nie.\u003cbr\u003eMaar 'n ander kant van Jason word ook nou duidelik: dié van 'n berekende sakeman. Van haar droom om 'n kliniek te heropen vir minderbevoorregtes, wil hy niks weet nie. Is sy aandrang op 'n skynverlowing ook deel van sy sakemansvernuf?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eFormuleliefde:\u003cbr\u003eJarod Hunter speel nie met sy mededingers én vyande nie. Hy word nie verniet Die Jagter genoem nie\u003cbr\u003eDié formule-een-wêreldkampioen verpes die media, en Catherine is juis 'n joernalis - met die opdrag om sy verlede oop te krap en sappige brokkies aan haar lesers op te dis.\u003cbr\u003eJarod weet nie sy is 'n verslaggewer nie en laat haar onder valse voorwendsels naby hom toe.\u003cbr\u003eNá sy vrou se geheimsinnige motorongeluk steur hy hom nie aan vroue nie, maar Cat kan hy nie weerstaan nie. Totdat hy agterkom dat sy 'n lid van die media is en sy intiemste besonderhede op haar koerant se voorblad lees …\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marijke+Greeff\" class=\"contributor-link\"\u003eMarijke Greeff\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marijke Greeff","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376903438499,"sku":"9780799391657","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799391657_2cdb97a7-78a2-4f7d-80c8-d9e602dc78a0.jpg?v=1776514519","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799391657","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}