{"product_id":"9780799392364","title":"Zinzi \u0026 Saffraan: Meerperdjies en borrels","description":"\u003cp\u003eZinzi en haar kat, Saffraan, red 'n magdom magiese kreature!\u003cbr\u003eHierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir 'n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers 'n kat vir goeie raad nodig!\u003cbr\u003eDrake en malvalekkers\u003cbr\u003eIn die eerste boek van dié reeks ontdek Zinzi 'n gloeiende foto en leer sodoende 'n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is 'n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help?\u003cbr\u003eMonsters en muf\u003cbr\u003eDie skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is 'n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, 'n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry 'n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinzi en Saffraan se hande is vol met 'n huilende monster terwyl hulle ook aan 'n goeie oplossing vir sy probleem probeer dink.\u003cbr\u003eMeerperdjies en borrels\u003cbr\u003eIn die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan 'n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help.\u003cbr\u003eKatjievlinders en ys\u003cbr\u003e'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel.\u003cbr\u003ePaddas en plante\u003cbr\u003eIn hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan 'n besoeker, Pip, wat 'n vreemde voorwerp het: 'n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is.\u003cbr\u003eTowerponies en kieme\u003cbr\u003eIn die sesde boek van die reeks is daar 'n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder 'n eenhoring-bewing? 'n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig 'n genesing bedink vir hierdie magiese vriend.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Asia+Citro\" class=\"contributor-link\"\u003eAsia Citro\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Marion+Lindsay\" class=\"contributor-link\"\u003eMarion Lindsay\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Asia Citro","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376932274339,"sku":"9780799392364","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799392364_c0d084ce-b62d-4c32-8599-1cee05ad9a68.jpg?v=1776514592","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799392364","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}