{"product_id":"9780799393217","title":"Boodskapper van die gode","description":"\u003cp\u003eFabels en fantasieë deur Murray La Vita\u003cbr\u003eEk wou so graag hê een van daardie fone moet lui en die man moet (sonder om verbaas te lyk) omdraai en dit optel. Dan moet hy glimlag en in 'n stem wat al dekades lank aan miljoene mense bekend is, sê: “Hello, Elvis here.”\u003cbr\u003eBoodskapper van die gode is ŉ keur uit die veelbekroonde joernalis Murray La Vita se rubrieke, sketse en essays. Sy aangetrokkenheid tot dit wat ongewoon en aweregs is, vind in talle van die 104 stukke in hierdie bundel neerslag. Ervarings uit sy kinderdae en jeug word afgewissel met belewenisse tydens reise na stede soos New York, Parys, Rome en Amsterdam. Hy skryf oor waarom hy nie die Anne Frank-huis kon besoek nie, vergrype op eilande, hoe hy en sy nefie as vyfjariges oorlog ontdek het, eerste liefde op sy hartsplek Hangklip, en hoe sy geliefde vriendin in ŉ heks verander het. Hoewel die leser melancholie, weerloosheid en selfs gebrokenheid in hierdie stories sal aantref, is daar ook heerlike humor en absurditeite.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMurray La Vita is ŉ bekroonde Afrikaanse profiel- en rubriekskrywer. Boodskapper van die gode bestaan uit sketse wat as rubrieke in hoofsaaklik Die Burger verskyn het. Hy skryf dikwels oor op die oog af klein gebeurtenisse en dinge, maar dit word dan ontgin op ŉ wyse wat die leser meermale onrustig of melancholies stem.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Murray+La+Vita\" class=\"contributor-link\"\u003eMurray La Vita\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Murray La Vita","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376874406051,"sku":"9780799393217","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799393217_c0c5622f-5dac-48da-a1af-2b2d337959d3.jpg?v=1776514679","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799393217","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}