{"product_id":"9780799393248","title":"Om tot verhaal te kom","description":"\u003cp\u003eDeur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom.\u003cbr\u003eProbeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie - of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind.\u003cbr\u003eSkryfterapie is 'n bewese manier om deur verlies en trauma te werk, ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is - om amper letterlik “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie.\u003cbr\u003eOf jy jou werk verloor het, of deur 'n egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met 'n ernstige siekte gediagnoseer is, of 'n geliefde verloor het. Hierdie is alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie.\u003cbr\u003eDis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende maniere, van letterlik 'n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë bedoel, tot 'n digitale dagboek soos 'n aanlyn blog. Of selfs dig, of krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis die eerste boek in Afrikaans oor skryfterapie. Rabe, 'n bekende in die media, skryf vir die eerste keer hier in boekformaat oor die selfdood van haar seun, waaroor daar al wyd berig is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Lizette+Rabe\" class=\"contributor-link\"\u003eLizette Rabe\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lizette Rabe","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376930701475,"sku":"9780799393248","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799393248_be099c9f-4e0e-4608-8112-ca86fe63be36.jpg?v=1776514683","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799393248","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}