{"product_id":"9780799393583","title":"Strooisuikerliefde","description":"\u003cp\u003eVars, snaaks, speels - liefdesverhale vir alle generasies. Agt (8) lekkerlees-verhale wat Ma, Ouma, Tannie en Dogter kan deel - sonder om te bloos!\u003cbr\u003eHierdie omnibus is 'n samestelling van agt RomanzaLiefde-novelles: Soos hout en konfetti, Net in stories, Gelukkige nommer 13, Kersie bo-op, Net drie woorde, Kakie, stewels en liefde, Net ons twee en Om haar pinkie.\u003cbr\u003eSoos hout en konfetti - Jacolet van den Berg\u003cbr\u003eMax is banger vir vroue en trou as die duiwel vir 'n slypsteen. Maar sy hart werk oortyd as hy Sandra Sinclair sien. Sy maak hom ongemaklik, want hy weet: Sy mag dalk net sy ondergang beteken.\u003cbr\u003eNet in stories - Rika Cloete\u003cbr\u003eAltyd die strooimeisie, nooit die bruid nie. Di­t is Maddie Schoeman. Totdat sy een keer opkyk in 'n strooijonker, Wynand Raath, se mooi oë. Skielik is liefde nie net vir storieboeke bedoel nie, maar ook vir haar.\u003cbr\u003eGelukkige nommer 13 - Corné La Camera (debuutskrywer)\u003cbr\u003eHoeveel mislukte afsprake neem dit voor jy meneer perfek ontmoet? Na twaalf wou Renate 'n ferm streep trek, want die opsies van 'n spiertier tot 'n IT-nerd is maar yl. Maar dalk is dertien haar gelukkige nommer?\u003cbr\u003eKersie bo-op - Bernette Bergenthuin\u003cbr\u003eMarcelle se lieflingtante skryf haar in om deel te neem aan die werklikheidsprogram Baas-van-die-plaas. Eers is sy woedend, maar nadat sy Basjan Rademan ontmoet het, moet sy erken dat haar tante dalk van beter weet.\u003cbr\u003eNet drie woorde - Nadia de Bruin (debuutskrywer)\u003cbr\u003eJanne wen rugbykaartjies oor die radio en gaan later die aand van die Springbokspelers in hul losie ontmoet. Haar hart maak wilde draaie toe Arend, een van haar ou skoolvriende onder die groep rugbyspelers is.\u003cbr\u003eKakie, stewels en liefde - Lizelle von Wielligh (debuutskrywer, het later 'n Romanza gepubliseer)\u003cbr\u003eCraig hou nie van mooi vroue nie, Lauren vertrou nie mans wat van mooi vroue hou nie. Hulle behoort pasmaats te wees, maar onwelkome gevoelens hou hulle uitmekaar. Sal hulle ooit besef dis liefdesvonke, nie irritasie nie?\u003cbr\u003eNet ons twee - Petronel Louw\u003cbr\u003eEen kopverlooroomblik en Rozelle en Francois se verhouding verander vir ewig. Skielik is hy nie meer haar broer se beste vriend en haar 'ander ouboet' nie, maar die man wat die vlinders in haar maag energie gee om amok te maak.\u003cbr\u003eOm haar pinkie - Didi Potgieter\u003cbr\u003eWillem loop draaie om Melissa nadat hulle 'n soen gedeel het, want hy kan homself nie rondom haar vertrou nie. Wat is dit aan dié pragtige brunet wat so met hom toor? Waarom kan sy hom moeiteloos om haar pinkie draai?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eStrooisuikerliefde is deel van die uitbreiding van die Romanza-handelsmerk. Die novelles het as e-boeke onder die RomanzaLiefde-vaandel verskyn en was nie voorheen gedruk nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Verskeie\" class=\"contributor-link\"\u003eVerskeie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Verskeie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376890495139,"sku":"9780799393583","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799393583_06d958b8-49ba-4ef0-9d2f-e42da3edb632.jpg?v=1776514724","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799393583","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}