{"product_id":"9780799393835","title":"101 Nagmerries","description":"\u003cp\u003eKom ontmoet die monsters onder jou bed ...\nSpoke. Vampiere. Weerwolwe. Monsters. Wesens uit die buitenste ruimte.\nHierdie briljante bibber boek bevat 101 stories, rympies en strokiesverhale wat jou hare sal laat regop staan, jou yskoue rillings sal gee – en jou tone sal laat omkrul van lekkerkry!\nJaco Jacobs ontvang ’n brief van ’n aanhanger wat hom uitnooi om verniet sy hut in die woud as skryfplek te gebruik. Dit klink ideaal! Maar daar is ’n vangplek … Die aanhanger is die Vrees vreter: ’n vreesaanjaende monster wat vir die arme Jaco Jacobs dwing om gril stories te skryf om kinders bang te maak. En so begin Jaco skryf: 101 nagmerriestories – die een grilleriger as die ander!\nJaco Jacobs se grillerige stories word lewend gemaak deur die pragtige illustrasies van die kunstenaar, Imile Wepener. 296 bladsye van stories en kunswerke maak hierdie hardeband boek ’n ware versamelstuk vir enige kind of Jaco Jacobs aanhanger.\n\nDie pragtige hardeband omslag en kunstige illustrasies maak hierdie boek inderdaad ’n versamelstuk. Hierdie stories is grilleriger as Jacobs se vorige boeke, wat dit ideaal maak vir ouer lesers. Imile Wepener is ’n kunstenaar van formaat, en hierdie boek bevat sy eerste illustrasies vir ’n kinderboek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Jacobs\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Jacobs\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Imile+Wepener\" class=\"contributor-link\"\u003eImile Wepener\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377264279715,"sku":"9780799393835","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799393835_ddc0cbd0-6262-4abe-a5bf-18f4dff26884.jpg?v=1776514748","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799393835","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}