{"product_id":"9780799394054","title":"Z-A-K: Die Blou planeet","description":"\u003cp\u003eTwee wêrelde is op die punt om te bots ...\u003cbr\u003eMitch het 'n knop op sy maag, hy weet iéts gaan gebeur. Iets sleg.\u003cbr\u003eEn dan land die ruimtewesens in Deltaville en ontvoer inwoners van die dorp.\u003cbr\u003eMitch en sy beste vriend, Lionel, besef dat dit hulle taak sal wees om die inwoners te red.\u003cbr\u003eOp die planeet Zenkion is Imke besig om oor die Blou Planeet, Aarde, te leer. Haar ma was 'n Aardling en dit beteken Imke is half-Blou Planeter, half-Zenkioniet. Al wat Imke wil doen, is om die blou waters van die Blou Planeet te sien. Sal sy die kans aangryp om na hierdie planeet te gaan?\u003cbr\u003eAl is die planeet besig om aangeval te word …\u003cbr\u003eMitch en Imke se wêrelde ontmoet in hierdie verhaal oor ruimtereise, ruimtewesens en 'n soeke na die plek waar elkeen behoort.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie boek was op die kortlys vir LAPA se Jeugromankompetisie 2017.\u003cbr\u003eZ-A-K: Blou Planeet is ŉ fantasie- en nabye toekomsverhaal. Spanning word goed opgebou en tipiese en universele geval tieneremosies en -vrese word aangeraak. Interessante tegnologie word deur die karakters gebruik.  ŉ Nuwe perspektief word op ruimtewesens geplaas. Dié wesens is nie net skurke nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Theresa+van+Baalen\" class=\"contributor-link\"\u003eTheresa van Baalen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Zinelda+McDonald\" class=\"contributor-link\"\u003eZinelda McDonald\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Theresa van Baalen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523886465187,"sku":"9780799394054","price":120.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799394054_611ccdd7-0d90-4849-a774-6fde4e119847.jpg?v=1776514797","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799394054","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}