{"product_id":"9780799394085","title":"Stalmaats Omnibus 4","description":"\u003cp\u003eKom kuier vir oulaas by die Stalmaats!\nDie laaste vyf immergewilde Stalmaats-boeke is ook nou in ’n lekkerlees-omnibus beskikbaar!\nKom word vir oulaas deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats!\nWord deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats.\nHierdie omnibus bevat die volgende vyf titels:\nWegholrit\nAnri en die ander ruiters by die Dagbreek-ryskool is opgewonde oor die afrigtingskamp wat voorlê. Maar wat gaan skielik met Karen aan? Anri-hulle moet probeer uitvind wat fout is met Karen, voor dit te laat is ...\nWaaghals\nDie dag van die afrigtingskamp het uiteindelik aangebreek! Maar een van die ruiters in Anri-hulle se groep is ’n regte waaghals wat daarvan hou om die reëls te verbreek. Sal Anri-hulle kan keer dat sy haar toekoms as kampioen-ruiter verwoes?\nPerdepiekniek\nNá die briefie wat Jacques by die kamp in Anri hand gestop het, is dinge tussen hulle skielik heeltemal anders. Megan reël ’n piekniek saam met Jacques en sy vriende. Maar dan kry hulle onverwags baie slegte nuus oor die hingsvulletjie Storm …\nPretrit\nAnri is opgewonde toe sy hoor haar beste vriendin van haar vorige ryskool kom kuier. Anri kan nie wag om Nadine aan Megan en Karen voor te stel nie. Maar Nadine lyk nie baie opgewonde oor die vakansieprogram wat Anri-hulle by die ryskool beplan nie.\nPerdediewe\nAnri-hulle gaan die langnaweek Kaap toe. En Jacques kom saam om te kyk hoe dit met sy perd, Thunder, en haar vulletjie, Storm, gaan. Maar dan loop die ryskool waar die twee perde bly, onverwags onder gewetenlose skurke deur ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Lize+Roux\" class=\"contributor-link\"\u003eLize Roux\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lize Roux","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377050206371,"sku":"9780799394085","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799394085_99f10275-4673-4eb3-ac04-f2acb34fe92f.jpg?v=1776514802","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799394085","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}