{"product_id":"9780799394108","title":"Pieksel","description":"\u003cp\u003eVossie de Vos bou ’n robot\nVossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het ’n humeur soos ’n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie.\nMaar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. Op ’n dag besluit hy om vir hom ’n maat te bou. Al wat hy nodig het, is hope planne en allerhande goeters en katoeters.\nDie oomblik toe Pieksel se ligte aan flikker en sy ratte klikketie-klak begin beweeg, verander Vossie se hele lewe. Pieksel is ’n briljante robot! Hy kan praat, speel, boeke lees en hy is die wêreld se beste boomklimmer. Saam met Pieksel is elke dag ’n avontuur, en Vossie hoef nooit weer alleen te wees nie!\nMaar hoe lank sal hulle maats kan bly?\n\nPieksel is ’n pragtige storie oor ’n seuntjie wat alleen is en wie se ouers heeldag werk. Kinders sal kan identifiseer met temas soos vriendskap en eensaamheid. Hierdie storie deur geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen, is roerend en gevul met lekker humor wat die harte van kinders sal aanraak. Die boek is ook pragtig geïllustreer deur die skrywer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fanie Viljoen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377050927267,"sku":"9780799394108","price":190.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799394108_f24691f8-2129-4d8a-a07e-f814749ce595.jpg?v=1776514806","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799394108","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}