{"product_id":"9780799394474","title":"Vywervrou 01: Lira","description":"\u003cp\u003eLira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. \u003cbr\u003eVeral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ŉ ma te wees nie. \u003cbr\u003eTog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe.\u003cbr\u003eDit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.\u003cbr\u003eSy beland op Vywerbaai waar sy ŉ winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. \u003cbr\u003eDie finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle.\u003cbr\u003eLira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ŉ vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ŉ sterwende vrou en ŉ kind wat Lira haat.\u003cbr\u003eDie legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ŉ waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ŉ man sy taaibosspies deur ŉ vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.\u003cbr\u003eMaar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chanette+Paul\" class=\"contributor-link\"\u003eChanette Paul\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376942399651,"sku":"9780799394474","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799394474_e711ca41-ce75-412e-9e70-b512555d462d.jpg?v=1776514851","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799394474","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}