{"product_id":"9780799394504","title":"Soet beloftes","description":"\u003cp\u003eHul liefde hou soet beloftes in ...\u003cbr\u003eBenjamin Streiger word onverwags voog vir sy oorlede broer se drie kinders. Kinders is nie deel van sy onmiddellike planne nie en hy sukkel om hom met sy veranderde omstandighede te versoen.\u003cbr\u003eLezanne Foster bevind haar as rykmansdogter ná die skielike afterwe van haar pa platsak en sonder heenkome. Sy vlug na die plattelandse dorpie, Vergesig om 'n nuwe lewe te begin. Met geen opleiding of ondervinding is werk baie skaars en sy beland noodgedwonge in die Steiger-huishouding waar sy as au pair vir die aantreklike Benjamin werk.\u003cbr\u003eSaam is die twee nou verantwoordelik vir die versorging van die drie kinders. Omdat Lezanne verstaan wat dit beteken om 'n ouer te verloor tree sy uiters beskermend teenoor die kinders op - tot Benjamin se argwaan én heimlike vermaak.\u003cbr\u003eDit raak toenemend moeilik om elke dag in Benjamin se aantreklike gesig te kyk en nie tot hom aangetrokke te voel nie. Boonop ondergaan Benjamin sy eie persoonlikheidsverandering. Van nors en ontoeganklike man tot 'n man wat terg en uiters sjarmant kan wees.\u003cbr\u003eNet toe Lezanne dink dat sy nooit weer haar verlede in die oë hoef te kyk nie daag haar eksverloofde, Pieter Cronjé, op. Hy lig haar in dat al haar finansiële probleme opgelos is. Sy kan terugkeer na haar lewe van gemak en rykdom.\u003cbr\u003eSy vertel Benjamin, maar hy wend geen poging aan om haar te keer nie. Al afleiding wat sy kan maak is dat sy nie belangrik genoeg is om voor te baklei nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dina+Botha\" class=\"contributor-link\"\u003eDina Botha\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dina Botha","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376942432419,"sku":"9780799394504","price":165.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799394504_6aaa0f9e-cc7a-4407-937d-746a05691b4a.jpg?v=1776514855","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799394504","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}