{"product_id":"9780799394566","title":"Smit Motors","description":"\u003cp\u003eJou buurman dink hy besit die polisie...\nPetra Smit erf onverwags haar oupa se ou werkswinkel in ŉ klein Vrystaatse dorpie. Daar is gelukkig kopers wat tou staan vir die gebou, maar Petra gaan, heel nuuskierig, kyk na hierdie eiendom waarvan sy nie glad nie geweet het nie.\nDaar aangekom, ontdek sy die erf vol motorwrakke wat aan die plaaslike slagter behoort. Dié einste slagter is ook die buurman, hy is ’n vroueslaner en hy skeep sy seun, Monty, af, maar hy het kontant en staan gereed om Smit Motors te koop.\nPetra, wat baie lief was vir haar oupa, wil nie die erflating aan so ’n persoon verkoop nie en ’n mini-oorlog breek uit.\nDinge word nog moeiliker toe Arno, ’n reus van ’n man met die psige van ’n kind, aan haar deur kom klop. Hy wil help.\nDie reus maak homself tuis en word vriende met die slagter se seun, Monty.\nPetra hoort nie in hierdie dorp nie. Sy mis haar mooi meisie en die roman wat sy wil skryf, bly tweede kom in die oorlog met die slagter.\nDie slagter hoort wel op die dorp. Hy ken die polisie en intimideer almal.\nSal die vreemde Petra en haar twee nuwe maats, Arno en Monty, die oorlog kan wen?\n***\nDie boek word uit verskeie perspektiewe vertel. Petra is een perspektiefkarakter, so ook is die Johanna, Monty se oppasser. Aan die ander kant van die wêreld bly Susan, ŉ kunstenaar, vasgevang in ŉ luukse Sweedse kunstepark, nog ’n perspektiefkarakter.\nWat het hierdie vroue met mekaar in gemeen? Hoe bind Smit Motors hulle almal?\nSmit Motors is toeganklike literêre fiksie. Réney Warrington slaag daarin om die spanning snaarstyf te hou, terwyl die leser die speurwerk moet doen, wetende dat iemand se bloed sal moet vloei. Die vraag is: Wie s’n?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+R%C3%A9ney+Warrington\" class=\"contributor-link\"\u003eRéney Warrington\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Réney Warrington","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376942334115,"sku":"9780799394566","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799394566_c2676cfc-a7ac-42f9-be09-649112711fcf.jpg?v=1776514864","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799394566","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}