{"product_id":"9780799394597","title":"Jy maak my gelukkig","description":"\u003cp\u003eGeluk maak jou mooier … Agt novelles met sprokiesmooi-eindes om te help!\r\n\r\nRoekelose harte - Marilinda Murray\r\nAdele is op vakansie om van haar eks te vergeet, nie 'n plaasvervanger vir hom te kry nie. Maar een kyk in Lance se broeiende blou oë en haar hart vat vlam.\r\n\r\nToe-oë afspraak - Madelie Human\r\nDie skrywer JJ Jooste se suster stel vir hom 'n assistent sonder sy medewete aan. Eers wil hy niks van dié afspraak weet nie, maar Martinet mag dalk net die vrou van sy drome wees.\r\n\r\nLegkaart van die hart - Ildé Grové\r\nHelene moet Lientjie Swart word vir haar eie veiligheid. Sy moet haar familie, werk en vriende verlaat - vir hul veiligheid. Gun die noodlot haar egter 'n beskermengel in die vorm van Theuns Krige?\r\n\r\n'n Wye, wye horison - Madeleine Malherbe\r\nStella herstel by die gastehuis Paradys ná die ontnugtering van haar huwelik. Chris kom ondersoek daar naby 'n vliegtuigongeluk en leer haar weer vertrou. Maar dan daag haar eksman op …\r\n\r\nGelykbreek-liefde - Ernalize du Toit\r\nBehati draai om en sien 'n man net binne die deur. Dit is onmoontlik om hom mis te kyk en die geur van sy naskeermiddel tref haar onmiddellik. Dit is asof die volle prentjie haar in 4D oorrompel. 'n Verraderlike rukbeweging ontsnap uit haar bors.\r\n\r\nBie op haar hart - Antoinette Venter\r\nMet 'n ontwikkelende sangloopbaan en om haar beste vriendin se sopkombuis te ondersteun, het Mika min tyd vir iets anders. Beslis nie tyd vir die skilderydief, Jean-Pierre, wat met die sopkombuis wil help nie. Tog ignoreer haar hart haar prioriteite, maar 'n ander vrou besit reeds Jean-Pierre se hart.\r\n\r\n'n Liefdeskeuse - Malene Breytenbach\r\nMona woon die skryfskool by om weer haar skryfvaardighede op te knap. Liefde is die laaste ding op haar prioriteitslys, maar die misdaadskrywer, Winston Webb, trek haar aan en stoot haar weer weg. Waarom voel dit asof haar held twee verskillende persone is?\r\n\r\nBeter vir haar hart - Jessica Venter\r\nRichard het jare gelede Melanie se hart gebreek. Maar selfs met 'n gebreekte hart, was sy steeds lief vir hom. Nou is hy terug en sy voel weer die vrees dat hy nie haar liefde sal beantwoord nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Verskeie\" class=\"contributor-link\"\u003eVerskeie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Verskeie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377011933347,"sku":"9780799394597","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799394597_a702bc70-d3d0-41b4-8264-fd53eaa6f488.jpg?v=1776514868","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799394597","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}