{"product_id":"9780799394795","title":"Elle-Omnibus 3 in 1 (Kondensmelk \/ Koshuiskoffie \/ Blou sjokolade)","description":"\u003cp\u003eVriende, avontuur en die koshuislewe …\u003cbr\u003e'n Heerlike omnibus met die eerste 3 boeke uit die baie gewilde reeks oor die avonture van Elle.\u003cbr\u003eKondensmelk\u003cbr\u003eSuperhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorlê. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel:\u003cbr\u003e1. Beskaafde mense hou nie vakansie in 'n tent in die diepste bosse van Botswana nie.\u003cbr\u003e2. Die familie en haar pa en ma se universiteitsvriende, die Mosterts, kom sak en pak saam.\u003cbr\u003e3. Die Mosterts se twee irriterende, beterweterige, kondensmelkdrinkende seuns, Divan en Alex. Twee dorpsjapies. Twee koshuisbrakke. Wat haar boonop ignoreer. Vir háár, Elle-Belle. Geen normale ou met gesonde hormone het haar nog ooit geïgnoreer nie.\u003cbr\u003eMaar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop 'n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken.\u003cbr\u003eKoshuiskoffie\u003cbr\u003eDie naam alleen klink al klaar vir Elle soos 'n doodsvonnis. Want terwyl haar ouers 'n jaar lank oorsee werk, moet sy na 'n ander skool toe gaan. 'n Meisieskool. 'n Superstreng meisieskool. Boonop is haar selfoon doodstil terwyl sy die heeltyd wens Alex se naam wil op die skerm flits. Het hy ná hul Botswana-vakansie heeltemal van haar vergeet? Het die blikkie kondensmelk wat hy daardie aand vir haar gegee het, dan heeltemal niks beteken nie?\u003cbr\u003eBlou sjokolade\u003cbr\u003eIn Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is. Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op 'n navorsingsending na Antarktika. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het. Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie - en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Christien+Neser\" class=\"contributor-link\"\u003eChristien Neser\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Christien Neser","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377089659043,"sku":"9780799394795","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799394795_e0f4a087-d6e1-415e-b33b-4cced5dd3a3a.jpg?v=1776514892","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799394795","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}