{"product_id":"9780799394948","title":"Prettige feite: Weer en die seisoene","description":"\u003cp\u003ePrettige feite en aktiwiteite vir woelwaters!\u003cbr\u003eOntdek wat alles in die lug aangaan in Prettige feite: Weer en die seisoene. Hierdie boek is propvol feite en aktiwiteite wat dit die perfekte boek vir alle weerstoestande maak!\u003cbr\u003eLesers kan uitvind hoe sneeuvlokkies vorm, waarom dit reën en waarom daar soms 'n reënboog in die lug verskyn. Daar is selfs prettige aktiwiteite om te voltooi: soos hoe om 'n reënwolk in 'n bottel te maak en hoe om 'n windwyser te maak wat sal wys watter kant toe die wind waai.\u003cbr\u003eHierdie boek is deel van die hoogs versamelbare Prettige Feite-reeks, wat spesiaal ontwikkel is vir kinders 5 jaar en ouer. Die reeks is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite. Jong lesers leer meer oor 'n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie boek is die nuutste titel in die Prettige Feite reeks. Vorige titels sluit in Plaasdiere, Wonders van die woud, Goggas, Haaie en Van my kop tot my tone.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dorling+Kindersley\" class=\"contributor-link\"\u003eDorling Kindersley\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dorling Kindersley","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377202806947,"sku":"9780799394948","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799394948_cddca042-cd7d-461f-84e2-d2215a998377.jpg?v=1776514934","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799394948","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}