{"product_id":"9780799395181","title":"Soen 'n vreemdeling","description":"\u003cp\u003eWat as ŉ wildvreemdeling die man van haar drome is?\u003cbr\u003eGabrielle de Klerk gebruik die Kiss a Stranger-app om die laaste item op haar wenslysie vir haar matriekvakansie in Parys te verwesenlik. Die speletjie het ongeskrewe reëls: geen inligting mag uitgeruil word nie, en geen planne mag gemaak word om mekaar weer te sien nie. Net ŉ soen, en dan moet jy aanbeweeg. Maar kan Gabrielle verby die man van haar drome beweeg wanneer sy hom weer jare later raak loop, en boonop deur sy ouma gevra word om funksies vir hom te reël waar hy die room van die land se beskikbare jong dames kan ontmoet en onder hulle ŉ trouvrou vir hom soek?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSoen ŉ vreemdeling handel oor liefde in die digitale era en die moontlikheid om ware liefde te ontdek, al is dit deur die kuberruimte. Soms ontdek mens ook iemand onder vreemde omstandighede (die heldin word gevra deur die held se ouma om vir hom ŉ trouvrou te soek). Die romanse raak ook aan konsepte soos sosiale vrymoedigheid, depressie ná die verlies van ŉ lewenslange pasmaat en vooropgestelde idees oor rykdom.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSoen ŉ vreemdeling is gesogte skrywer Dina Botha se jongste romanse. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequin-romanses.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dina+Botha\" class=\"contributor-link\"\u003eDina Botha\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dina Botha","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377049223331,"sku":"9780799395181","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799395181_6048c106-059f-43ce-a4ee-69a11146787e.jpg?v=1776514971","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799395181","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}