{"product_id":"9780799395273","title":"Net een kans","description":"\u003cp\u003eKan jy liefde in die verkeer vind?\nLara ontmoet iemand op die vreemdste manier denkbaar: in die verkeer, op pad werk toe. Sy is egter oortuig dat dit ’n mal man is wat uit een of ander gestig ontsnap het –watter tipe mens wat ál sy varkies op hok het, sal ’n vreemdeling in die verkeer sien en oortuig wees dat hy doodeenvoudig net met die meisie móét praat?\nToe sy hom baie deeglik laat verstaan dat sy nie saam met ’n versteurde man eers sal gaan koffie drink nie, daag hy by haar werk op en dring daarop aan om sáam met haar te werk. Die aanbod is te goed om van die hand te wys, maar Lara maak dit baie duidelik dat dit uitsluitlik ’n professionele verhouding sal wees.\n\nNet een kans ondersoek hoe afwesige ouers ’n volwassene se siening van liefde beïnvloed. Lara se pa verlaat haar en haar ma wanneer sy ’n baba is, en haar ma het konstant nuwe liefdes in haar lewe. Sy het dus ’n fobie vir verhoudings en vertrou nie baie maklik nie.\n\nNet een kans is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks, Romanza. Dit kan vergelyk word met Harlequin en Mills \u0026amp; Boon romanses.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Louise+Minnaar\" class=\"contributor-link\"\u003eLouise Minnaar\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Louise Minnaar","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377049485475,"sku":"9780799395273","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799395273_1172856e-061e-4d4a-8b80-89a6d49c7f70.jpg?v=1776514983","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799395273","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}