{"product_id":"9780799395334","title":"Verlore skatte","description":"\u003cp\u003eTydens ŉ lewensgevaarlike en avontuurlike ekspedisie na die Amasone-reënwoud word Frances se lewe in ŉ totaal nuwe rigting gestuur ...\u003cbr\u003eFrances Wright, 'n botanis, en Riek Vanbrugh, ŉ herpetoloog aan die Universiteit Stellenbosch, gaan saam met 'n Britse argeoloog, John Mansfield, se ekspedisie na die Amasone-reënwoud in Peru. Saam met hulle gaan 'n antropoloog van Kaapstad Universiteit asook Jack Berry, avonturier en skrywer\/fotograaf vir National Geographic. Vanaf Iquitos stuur hul borg, Carlos Carraldo, hulle per boot, kleiner rubberbote en te voet die reënwoud in. Die fauna en flora is uitsonderlik, en hulle word deur mens, dier en plant bedreig.\u003cbr\u003eDit blyk gou tot Frances, Riek en Jack se ontnugtering, dat die ekspedisie se vernaamste doel is om 'n legendariese goue beeld by die verlore stam van Huakan te gaan steel. Ná skrikwekkende avonture, nadat hulle verdwaal het en hulle portiers weggehardloop het, vind die groep wel vir Huakan. 'n Vorige ekspedisie deur 'n Spaanse argeoloog is ook deur Carraldo geborg en hulle tref die argeoloog daar aan. Jack sien ook die goue beeld wat Carraldo begeer. Niemand kom glo weer uit Huakan nie en hulle moet met die Spaanse argeoloog se hulp ontsnap.\u003cbr\u003eHulle kom ooreen om die bestaan van Huakan geheim te hou, en die ekspedisie word vir die woedende, teleurgestelde en agterdogtige Carraldo as 'n mislukking voorgehou, behalwe dat die Spaanse argeoloog kwansuis by inboorlinge gevind en gered is. Hulle vertel nie van die verlore stam en goue beeld nie, en vlug behoorlik uit Iquitos om van Carraldo af weg te kom.\u003cbr\u003eTerwyl hulle in die reënwoud deur gevare geteister is, het elkeen gewys wat in hom of haar steek. Jack Berry, wat eers spottend skepties was oor Frances se vermoë om die reënwoud te trotseer, kry al meer respek vir haar en hulle liefde vir mekaar groei. Met sy hulp ontdek sy 'n seldsame orgidee.\u003cbr\u003eNadat hulle terug is by die huis en hulle paaie geskei het, dink sy hy is uit haar lewe en sy sukkel om weer by haar normale lewe aan te pas. Hy kom haar egter haal.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Malene+Breytenbach\" class=\"contributor-link\"\u003eMalene Breytenbach\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Malene Breytenbach","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377049125027,"sku":"9780799395334","price":165.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799395334_cd4e748f-5f13-4b36-a289-6c21254d149d.jpg?v=1776514991","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799395334","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}