{"product_id":"9780799395365","title":"Liefde vind 'n pad (Mega Omnibus)","description":"\u003cp\u003eLiefde vind 'n pad is 'n samestelling van vier van gewilde Elsa Winckler se vorige Romanzas Perfekte formule, Liefde sonder voorbehoud, Byvoordele gewaarborg en Brug na haar hart.\u003cbr\u003ePerfekte formule:\u003cbr\u003eElena is pas aangestel as die laboratoriumanalis in 'n wynkelder. Ervaring het sy nie, maar sy moet gou leer want hier moet alles vinnig gebeur. Veral vir een man moet sy bontstaan: die onweerstaanbare, humeurige wynboer met die karamelbruin oë en verskeie gebreekte vroueharte op sy kerfstok.\u003cbr\u003eElena dans egter nie na sy pype nie en maak geen geheim daarvan dat sy nooit op 'n plaas sal aard nie. Buitendien sal dit nooit tussen hulle werk nie want hy verkies 'n meisie met ervaring, en Elena het nog nooit eens 'n vaste verhouding gehad nie.\u003cbr\u003eEn tog, ervaring op die gebied van die liefde kan blykbaar verbasend maklik opgedoen\u003cbr\u003eword ...\u003cbr\u003eLiefde sonder voorbehoud:\u003cbr\u003eSelfs 'n internasionale model se hartsbegeerte word nie noodwendig vervul nie. Dit weet Lynette maar alte goed sedert hierdie man twee jaar gelede haar lewe ingestap het. Alles het so goed gelyk, tot sy weer New York toe moes gaan.\u003cbr\u003eWat help dit in elk geval? Hy glo nou eenmaal die lewe gaan vir haar oor haar voorkoms, die loopplank en publisiteit.\u003cbr\u003eVan haar ander kant weet hy nie, dié kant wat vermurwe voor hawelose kinders en diere. En sy gaan hom dit nie vertel nie. Ook nie dat sy beplan om 'n wesie aan te neem nie. Hy voel immers nie op sy gemak oor die idee van kinders nie.\u003cbr\u003eByvoordele gewaarborg:\u003cbr\u003eLichen glo sy is 'n koue vrou, maar dan ontmoet sy vir Regard, wat haar bloed laat bruis en haar hartklop op loop jaag. Regard sien egter nie kans vir 'n langtermynverhouding nie, wel vir 'n vriendskap met byvoordele.\u003cbr\u003eWanneer Lichen vir Regard liefkry, weet sy, sy gaan hom verloor, want liefde is nie deel van hulle ooreenkoms nie. Dis juis daar waar die knoop lê, want Regard trap in sy eie strik en weet nie hoe om daaruit te kom nie.\u003cbr\u003eMet alle misverstande uit die weg geruim, sluit hulle 'n nuwe ooreenkoms waarin 'n trouring, babas en vir ewig die gewaarborgde byvoordele is, want van wanneer af laat die liefde hom voorskryf?\u003cbr\u003eBrug na haar hart:\u003cbr\u003eEva loop Henno ná vyf jaar onverwags raak en besef sy het hom nog geensins vergeet nie - ook nie die soen van destyds wat haar bestaan tot in sy wortels geruk het nie.\u003cbr\u003eHulle bring 'n onvergeetlike tydjie in die Tankwa Karoo deur, maar Eva weet daar sal nooit iets blywends tussen hulle kan wees nie, want Henno glo nie aan langtermynverhoudings nie en sy begeer 'n tradisionele sprokieshuwelik met al sy lief en leed.\u003cbr\u003eEva aanvaar die onvermydelike en gaan weer met Pieter uit. Dit is egter in Japan waar sy dit wat sy nie kon glo nie, voor haar oë sien en weet die brug na haar hart is nie 'n hersenskim nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Winckler\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Winckler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377049157795,"sku":"9780799395365","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799395365_7bbd76e1-2bc6-42e5-81a5-bdccfbf74832.jpg?v=1776514995","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799395365","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}