{"product_id":"9780799395433","title":"`n Redelike hoeveelheid moeilikheid","description":"\u003cp\u003e'n Plaaslike spioenasie wipplankrit\u003cbr\u003eRobert Ferreira is in die pekel. Sy vrou Sylvia het spoorloos verdwyn. Hy is seker haar Portugese familie, die Monteiro's van Rosettenville, het iets daarmee te doen. Om dinge te vererger vereis sy bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie, dat hy deelneem aan een laaste geheime sending, al is dit teen sy wil…\u003cbr\u003eDit het alles begin met die kaping van die passasiersskip, die Santa Maria, in Kabinda. Watter rol het die Amerikaners en Mossad gespeel? En die Russe, waar pas hulle in? Wat van die vermiste koevert, waarvoor almal bereid is om te moor?\u003cbr\u003eRobert sal enige-iets doen om sy vrou te vind. Sy bevelvoerder, met al sy kontakte, weet dalk net waar sy is. Hy het dus geen keuse as om die laaste sending aan te pak nie. Die vraag is: steek sy vrou dalk ook iets weg? Net tyd sal leer…\u003cbr\u003eDie leser word deel van Robert se sending na plekke soos Siprus, Portugal en Beiroet, waar hy vir Julia Breytenbach, 'n Britse SIS-agent ontmoet. Daar is ook 'n aantal ander rolspelers om die gevaarlike Ursula Schneider vas te trek; sy wat die ontwykende koevert in haar besit het. Sal hulle haar kan vang voor die inligting in die verkeerde hande beland, met katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika? Ook: gaan Robert sy gevoelens vir Julia in toom kan hou?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAndré Krüger is 'n spannings- en spioenasieskrywer in 'n ander klas. Sy boeke herinner aan dié van die skrywer Philip Kerr met die karakter Bernie Gunther. Enige leser wat hou van spanning en spioenasie, met 'n voorkeur vir slim detail en uitstekende navorsing, sal hou van sy werk.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Andr%C3%A9+Kr%C3%BCger\" class=\"contributor-link\"\u003eAndré Krüger\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"André Krüger","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377048633507,"sku":"9780799395433","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799395433_50242ae0-cbe3-4cc2-aea9-6aa512de4882.jpg?v=1776514999","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799395433","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}