{"product_id":"9780799395525","title":"Altyd net jy","description":"\u003cp\u003eSy’s die soort magic waarmee jy trou!\nLeah het Max ontmoet toe sy 10 jaar oud was en iets het op daardie oomblik met haar gebeur. Op haar agtiende verjaarsdag soen hy haar, maar toe sy hom die volgende oggend gaan soek, help hy ’n ander vrou in ’n motor. Nou, tien jaar later, word sy gevra om ’n onderhoud met die wêreldbekende Max Campbell te voer. Vir die eerste keer gaan hulle weer alleen in ’n vertrek wees. Maar dit behoort nie saak te maak nie, of hoe? Sy is mos lankal oor hom.\nDie oomblik toe Max vir Leah op haar agtiende verjaarsdag soen, het hy geweet dis ’n fout. Die intense emosies wat hy ervaar het, is tog nie volhoubaar nie. Hy besef dié tipe liefde kan hom vernietig – hy wil tog nie soos sy ma opeindig na sy pa haar vir sy sekretaresse gelos het nie! Daarom sê hy niks oor die model wat hy in die taxi gehelp het nie.\n\nAltyd net jy is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks, Romanza. Romanza kan vergelyk word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequin. In Elsa Winckler se jongste reeks is die kinders nie opgewasse teen hul geliefde peetma, Jody, nie. Jody weet instinktief wanneer sy die regte hartsmaat vir een van haar ses peetkinders gevind het. Maar sy weet ook wanneer hulle gereed is vir Liefde met ’n hoofletter L. Altyd net jy is die laaste boek in die Jody-reeks. In elke boek is daar ’n addisionele subtema en die reeks bestaan uit Op die sypaadjie (Desember 2017), Blameer die skoenlapper (Februarie 2018), My groot liefde (November 2018) en Want die hart weet (Januarie 2019).\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Winckler\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Winckler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377088544931,"sku":"9780799395525","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799395525_cae6f699-50b8-44c9-8a15-9acd14eb476d.jpg?v=1776515011","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799395525","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}