{"product_id":"9780799395617","title":"Hartsbesit","description":"\u003cp\u003eSy vind liefde by haar hartsmense en haar droomman\u003cbr\u003eMinni Minnaar verloor haar kleinsakeonderneming in Pretoria se middestad omdat al die kleiner winkels gesloop moet word vir die oprig van groter geboue. Haar vriendin, Roda, nooi haar om op Roda se ouers se plaas te gaan kuier terwyl sy bestek opneem van haar lewe en moet besluit oor die pad vorentoe.\u003cbr\u003eHier ontmoet sy vir Zak Erasmus. Hy is 'n baie aantreklike boer met 'n aangename persoonlikheid, maar hy roer niks in haar nie. Die stug Duitse wewenaar, Wolfgang Falkenrot, van die plaas Falkennest laat egter ou hunkeringe weer ontwaak. Wolfgang soek 'n au pair vir sy vierjarige dogter en Minni sien dit as die uitkoms waarop sy gehoop het. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHartsbesit is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks. Anna van Tonder se boek vergelyk goed met Marilé Cloete, Cynthia Robertson en Bets Smith se skryfwerk.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anna+van+Tonder\" class=\"contributor-link\"\u003eAnna van Tonder\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anna van Tonder","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377088282787,"sku":"9780799395617","price":165.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799395617_89c21e4d-2f88-46ad-8d6d-594c438f157e.jpg?v=1776515023","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799395617","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}