{"product_id":"9780799395679","title":"Dooiegety","description":"\u003cp\u003eSelfs die onskuldiges het iets om weg te steek\nDie liggaam van ’n geliefde inwoner van ŉ vreedsame kusdorpie word in ŉ rotspoel op die strand gekry. Haar vriendin Daleen, ŉ professionele fotograaf, besef dis nie ŉ normale verdrinking nie, want Nerina het gely aan hidrofobie. Daleen ontdek in haar soektog na motiewe dat alles in die dorp nie so onskuldig is soos dit wil voorkom nie. ŉ Vreemdeling in die dorp wat die polisie se ondersoekspan help, lyk vir haar na die waarskynlikste skuldige.\nReeds ongemaklik oor ŉ forensiese span se besoek aan die dorp ná die wenk van ŉ siener, is sy boonop toenemend bekommerd oor haar tienerdogter Dalri se veiligheid. Raaiselagtige kodewoorde in tienergesprekke wat sy tydens haar fotosessie by die skool se winterbal raakhoor, versterk haar kommer oor ŉ partytjie waarheen Dalri genooi is.\nŉ Kriptiese waarskuwing wat sy ontvang, verklap die skuldige se ongemak met haar stokperdjie: tydverloopfotografie van die naghemel. Dit impliseer dat sy dalk nader is aan antwoorde as wat sy besef. Wat die antwoorde is, bly egter vir haar duister.\nAlmal lyk naderhand verdag, selfs die outistiese tienerseun oor wie Nerina haar ontferm het. ŉ Naelskraap noodlottige ongeluk en Dalene se dogter se verdwyning verraai ŉ moontlike verband met die vroeëre verdwyning van tienermeisies.\n\nDooiegety is Smith se 27ste boek. Die drie spanningsromans wat dit voorafgegaan het, is Skrikkelmaan, Bloedspoor en Kringloop. Elke boek is alleenstaande en nie deel van ’n reeks nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Bets+Smith\" class=\"contributor-link\"\u003eBets Smith\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Bets Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377088053411,"sku":"9780799395679","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799395679_7467e137-3cff-41d1-bd1b-741ce0d12838.jpg?v=1776515031","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799395679","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}