{"product_id":"9780799395716","title":"Lea lief seeskilpaaie :Avonture by die akwarium","description":"\u003cp\u003eLea lief alle diere!\u003cbr\u003eLea se ma is 'n veearts en haar tannie werk by die akwarium se seeskilpadredding- en rehabilitasie-sentrum - om diere te red, is in haar bloed! Toe sy die kans kry om saam met haar familie see toe te gaan om haar tannie te gaan help met die seeskilpaaie kan sy nie wag nie. Haar sussie, Lola, het egter net ooghare vir Amelia Ametis: die gewilde popsangeres wat 'n groot konsert hou!\u003cbr\u003eMaar Lea beleef allerhande onverwagse avonture by die akwarium; van 'n siek pikkewyn, 'n skielike swem in die haaitenk en Amelia Ametis wat opdaag - met skilpaddopjuwele! Lea moet net iets doen om die seeskilpaaie te probeer red. Toe kry sy 'n blink plan ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie is die eerste boek van 'n nuwe reeks vir meisies. Die storie fokus op diere wat 'n baie gewilde onderwerp is vir kinders, en het 'n sterk ekologiese en omgewingsfokus. Op die oomblik is dit baie aktuele sake.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAnder titels in die reeks:\u003cbr\u003eLea lief honde\u003cbr\u003eLea lief apies\u003cbr\u003eLea lief uile\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Cecilia+Steyn\" class=\"contributor-link\"\u003eCecilia Steyn\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Elanie+Bieldt\" class=\"contributor-link\"\u003eElanie Bieldt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Cecilia Steyn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377089396899,"sku":"9780799395716","price":120.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799395716_cf0224e3-bcc3-49f0-acf9-c608c89856fb.jpg?v=1776515043","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799395716","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}