{"product_id":"9780799395877","title":"Sasha word stil","description":"\u003cp\u003eWord stil en luister ...\nElke Saterdagoggend gaan doen Sasha en haar gesin inkopies. Die motor vleg deur die besige verkeer.\nMamma loer in die spieëltjie.\n“Waarom is jy vandag so stil, Sasha?” vra sy.\nSasha glimlag net en beduie met haar vinger voor haar mond. Sy spits haar ore. En luister.\nSy luister … Na die gedreun en getoeter van die motors in die stad, die gezoem van stemme in die winkels, die rustige gekoer van die duif in die tuin … En ’n wonderlike plan begin in haar kop broei.\nHierdie splinternuwe prenteboek deur Jaco Jacobs bevat pragtige illustrasies deur die kunstenaar Angela Banks, wat ’n klassieke, kunstige element aan die teks verleen. Die sterk fokus op geluide en musiek maak hierdie ’n baie prettige voorlees boek en ’n uitstekende manier vir ouers of onderwysers om kinders aan geluide bloot te stel.\n\nLesers leer oor verskillende geluide en hoe musiek gemaak word, daarom is hierdie boekie ideaal vir kleuters of voorskoolse kinders om sensitiwiteit vir klank te stimuleer. Die storie dra ook by tot die ontwikkeling van begrip van oorsaak en gevolg. Die namaak van klanke en geluide sal uitstekend bydra tot kleuters se verstandelike- en taalontwikkeling.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Jacobs\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Jacobs\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Angela+Banks\" class=\"contributor-link\"\u003eAngela Banks\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377261166755,"sku":"9780799395877","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799395877_21e43fcb-52e1-48c9-bd18-14925544b140.jpg?v=1776515075","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799395877","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}