{"product_id":"9780799395945","title":"Blou Maandag","description":"\u003cp\u003eParty Maandae is so blou, nie eens roomys kan dit beter maak nie\u003cbr\u003eToe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer … vandag gaan 'n BLOU MAANDAG wees!\u003cbr\u003eDit lyk asof 'n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas!\u003cbr\u003eBoonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana al weke lank uitsien. Sy werk al so lank aan 'n liedjie vir die talentaand, maar sê nou dinge loop skeef op die verhoog? Hoe erg kan een Maandag wees?\u003cbr\u003e'n Prettige holderstebolder-avontuur vol skaterlag-humor, oor daardie dae wanneer dit voel asof alles skeefloop!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Snaakse, aksiebelaaide storie vir beginner- en intermediêre lesers met temas soos vriendskap, gesinsverhoudings, boelies en musiek. Jaco Jacobs se kenmerkende humor sal jong lesers laat skaterlag in hierdie rampspoedige komedie.Soortgelyke Jaco Jacobs-boeke vir hierdie ouderdomsgroep is Spaghetti tussen jou tone en Viskos!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Jacobs\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Jacobs\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Karen+Lilje\" class=\"contributor-link\"\u003eKaren Lilje\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377202872483,"sku":"9780799395945","price":190.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799395945_53e6a34a-992d-45e1-b937-947a4ce6fbb3.jpg?v=1776515079","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799395945","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}