{"product_id":"9780799396003","title":"Afspraak met moord","description":"\u003cp\u003e'n Blik op die binnekring van die Krugersdorp-kultus\u003cbr\u003e“Daar was bloedspatsels oor die koffietafel, die banke en die banke se kussings. Peter en Joan was oortrek van steekwonde in hul rûe, nekke en agterkoppe. Nicholas het sy pa en ma gesigte na onder in 'n bloedbad op die mat in die sitkamer gekry. Hulle het hul hek en huis vir hul moordenaars oopgemaak, want hulle het 'n afspraak met hulle gehad.”\u003cbr\u003eElf wrede moorde oor 'n tydperk van vier jaar ruk die gemeenskap van Krugersdorp en haal landwyd nuusopskrifte. Eindelik word al hierdie moorde verbind met Cecilia Steyn en haar kultusgroep, Electus per Deus (uitverkies deur God). Lede van die groep aanbid die grond waarop Cecilia loop en sal selfs vir haar moord pleeg.\u003cbr\u003eDie moordenaars is slim, gewone mense - 'n onderwyseres, 'n finansiële makelaar, 'n kind wat tussen die moorde deur steeds ses onderskeidings in matriek behaal en boonop keuring kry om medies te gaan studeer. Hul slagoffers het bloot 'n sake- afspraak nagekom, min wetend dat dít 'n afspraak met die dood was.\u003cbr\u003eWie is Cecilia Steyn? Hoe kan een mens vyf ander manipuleer om moord te pleeg en namens haar in die hof te lieg? Watter rol het Satanisme gespeel? Hoe ontduik onervare misdadigers die polisie vir so lank?\u003cbr\u003eJana Marx beantwoord dié en ander vrae in 'n waremisdaad-verhaal wat gelei het tot een van die opspraakwekkendste moordsake in die land se geskiedenis.\u003cbr\u003eMet behulp van onderhoude uit diegene in die binnekring, hofgetuienis en polisiedossiere oor 'n tydperk van vier jaar poog Marx om die publiek se vrae te antwoord en 'n blik te gee op die binnewerkinge van só 'n kultus.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jana+Marx\" class=\"contributor-link\"\u003eJana Marx\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jana Marx","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376638214307,"sku":"9780799396003","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799396003_2dbde17d-4b8e-4950-bf43-b641353fcf5f.jpg?v=1776515087","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799396003","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}