{"product_id":"9780799396058","title":"Skadumagte","description":"\u003cp\u003e’n Geheime organisasie wat plaasmoorde wreek – hoe diep moet Mysi Spies grawe om agter die kap van die byl te kom?\nWanneer regter PG Pienaar in sy huis vermoor word, is ondersoekende joernalis Mysi Spies vroeg op die toneel. Haar instink waarsku haar dat die moord meer as ’n blote huisbraak was; die regter het immers kort tevore lede van ’n regse organisasie swaar gevonnis. In haar ywerige soektog na antwoorde ontdek Mysi egter meer vrae. Wie is die sogenaamde leier van Die Beskermers? Is dit ’n oud-Recce, gesoek deur die polisie, of kolonel Adrian Byant van die SAPD Taakmag? Wat probeer hierdie groep werklik bereik? Wie beskerm boere en wreek plaasaanvalle? Mysi vind ’n bondgenoot in Superintendent Elsie Redelinghuys, maar hulle ondersoek maak verskeie mense ongemaklik. Mense wat ou griewe wil wreek en maklik moord pleeg.\nSkadumagte is die opvolg op Malene Breytenbach se roman Bloedgrond wat in 2011 verskyn het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Malene+Breytenbach\" class=\"contributor-link\"\u003eMalene Breytenbach\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Malene Breytenbach","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377503486115,"sku":"9780799396058","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799396058_2f21ea0f-6eaa-48a1-bf76-140dea349e07.jpg?v=1776515092","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799396058","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}