{"product_id":"9780799396157","title":"In Gesprek met Waldimar","description":"\u003cp\u003eWaldimar Pelser se politieke kruisverhoor\u003cbr\u003eHy noem Julius Malema 'n “rassis, diktator en fascis”, die ANC “ 'n spul kripvreters” en oudpres. Jacob Zuma 'n “korrupte, seksistiese politieke tsotsi”.\u003cbr\u003eWaldimar Pelser ontsien niks en niemand nie. Week ná week neem hy politici en besluitnemers onder kruisverhoor. In sy vreeslose en vlymskerp inleidings tot kykNET Verslag se aktuele TV-program In Gesprek laat hy maghebbers behoorlik deurloop - ook pres. Cyril Ramaphosa en DA-leier Mmusi Maimane het al hul beurt gekry.\u003cbr\u003eIn Gesprek met Waldimar is 'n versameling van die 100 beste, lekkerste en dapperste van hierdie inleidings. In forensiese detail pak Pelser elke gek en skurk wat wil keer dat ons land floreer. Hy wys hoe naby ons aan die afgrond was en hoe ons wéér daar kan beland as ons nie dié in beheer tot verantwoording roep nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWaldimar Pelser is redakteur van die Sondagkoerant Rapport. Hy is al drie keer met 'n ATKV-Mediaveertjie as beste aanbieder van 'n nuus- of aktualiteitsprogram bekroon. Voor sy joernalistieke loopbaan het hy in die regte en die joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer en daarna 'n meestersgraad aan die Oxford-universiteit in Engeland verwerf.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Waldimar+Pelser\" class=\"contributor-link\"\u003eWaldimar Pelser\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Waldimar Pelser","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377261133987,"sku":"9780799396157","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799396157_303af1a0-ab11-490e-bcdc-8ab6ed70670c.jpg?v=1776515117","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799396157","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}