{"product_id":"9780799396454","title":"Reënboogliefde","description":"\u003cp\u003eNá die reën kom die reënboog\nChristi gaan kuier vir haar ouma waar dié op ŉ klein dorpie bly, daar ontmoet sy die besonder aantreklike dorpspredikant, Philip. Hy laat só ŉ indruk op haar na ŉ paar terloopse kuiers dat sy besef dat sy eintlik baie meer van hom hou as van haar kêrel (en moontlike verloofde). Dus besluit sy sommer om hals-oor-kop ŉ onderwyspos op die dorp te aanvaar en daarheen te trek.\nDáár aangekom, besef Christi dat iets nie pluis is nie en dat Philip dalk nie dieselfde voel oor haar as wat sy oor hom voel nie, want selfs ná sy egskeiding bly hy nog steeds weg en kom sien haar nie soos wat sy gehoop het nie. Mettertyd begin dinge regloop vir Christi en Philip, maar ŉ venynige opmerking dreig om hulle weer uitmekaar te skeur.\nChristi kan maar net hoop dat ná al die reëndae in hulle verhouding, die son weer sal skyn en die reënboog (soos belowe) sal uitkom, juis omdat Philip die tipe man is wat sal veg vir die vrou wat hy met sy hele hart liefhet.\nHierdie storie handel oor die uitwerking van gebroke families en sosiale norme wat steeds bestaan rondom egskeiding, asook hoe ander mense se menings en persepsies dikwels mense se kans op liefde beïnvloed.\nReënboogliefde  is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks. Romanza kan vergelyk word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequin.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Magda+Schmidt\" class=\"contributor-link\"\u003eMagda Schmidt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Magda Schmidt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377202512035,"sku":"9780799396454","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799396454_ea608e6d-5c32-4cf1-8c95-743b3d6e045a.jpg?v=1776515160","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799396454","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}