{"product_id":"9780799396706","title":"Ter wille van Nina","description":"\u003cp\u003eSy oë kyk tot in haar siel ...\nOlivia droom baie aande van ’n sorgsame wonderlike man met blougroen oë. Sy kan die kleur van sy oë in haar drome uitmaak, maar nooit sy gesig nie. Toe haar pad met dié van Zak Brunner kruis, lyk sy oë vir haar só bekend, nes dié in haar drome, maar sy is oortuig Zak kan onmoontlik die man wees van wie sy droom. In haar drome voel sy altyd veilig en gekoester. Sy is nie bang vir die man nie en sy vertrou hom onvoorwaardelik. Maar Zak maak haar benoud en sy vertrou hom nie so ver as wat sy hom kan sien nie. Maar Olivia het ’n sagte plekkie vir Zak se dogtertjie, Nina, en ter wille van Nina begin sy tyd saam met Zak deurdring. Haar opinie oor Zak verander mettertyd, en toe hy haar vra om met hom te trou, sodat hy voogskap oor Nina kan behou, oorweeg sy dit baie sterk. Sy wéét sy is lief vir Nina en sal amper enigiets doen om haar te beskerm, maar is dit genoeg rede om met Zak te trou?\n\nRomanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequin-romanses. Ter wille van Nina is Cheryl Rogers se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in:\n• Die regte tyd (September 2013),\n• Liefste Amelia (Februarie 2014),\n• Haar eie sprokie (Maart 2015), en\n• Haar storieboekheld (Januarie 2017).\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Cheryl+Rogers\" class=\"contributor-link\"\u003eCheryl Rogers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Cheryl Rogers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377275715747,"sku":"9780799396706","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799396706_165d3432-9943-4881-8831-c1382561cbd4.jpg?v=1776515188","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799396706","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}