{"product_id":"9780799396737","title":"Wat jy gee","description":"\u003cp\u003eHulle vaarwel soen was toe iets meer\u003cbr\u003eMieke Küsler is terug in die Laeveld na drie jaar oorsee. Sy weet dat Migal Roos, haar oud-universiteitsvriend, ŉ dokter is in die stad. Gelukkig hoef sy nie bang te wees om hom raak te loop nie. Hy het hulle vriendskap beëindig die aand voor sy op die vliegtuig geklim het met ŉ vinnige en hartstogtelike soen. Sy het gehoop hy sal haar vra om by hom te bly, maar sy het nooit weer iets van hom gehoor nie. Die noodlot bring hulle bymekaar in die dokter se spreekkamer. Haar angstigheid om saam met haar kêrel Nederland toe te gaan oor ŉ paar dae, raak al hoe meer ondraaglik nou dat sy terug in Suid-Afrika en in Migal se teenwoordigheid is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eRomanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequin-romanses. Wat jy gee is Karlien Badenhorst se jongste romanse. Man van die maand (Oktober 2017) was haar eerste romanse in die Romanza-reeks.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Karlien+Badenhorst\" class=\"contributor-link\"\u003eKarlien Badenhorst\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Karlien Badenhorst","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377275781283,"sku":"9780799396737","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799396737_99c044f0-afde-4a7b-84e9-62b5ed095938.jpg?v=1776515192","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799396737","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}