{"product_id":"9780799396768","title":"Sonvanger","description":"\u003cp\u003e“Kyk of jy vir my die son kan vang ...” \n\nNarissa is ’n volbloed hippie. Sy is optimisties oor die lewe en sy het ’n wil van haar eie. Sy glo daarin dat ’n mens die lewe moet geniet en oomblikke van blydskap vir jouself moet skep. Sy gaan vir haar die son se lag vang op Springbok. \n\nHaar grootste irritasie op twee bene is Franz Lamont, meneer volg-die-regte-pyltjies, baie aantreklik, baie bitter, en hy ry ’n vintage hippie kombi met daisies op die deure soos sy nog altyd wou hê. \n\nHy stem nie saam met haar lewensopvatting nie. Pret en plesier is net vir ’n oomblik, en van min waarde. Werk, reëls nakom en dinge reg doen, is belangriker, en die swaar tye van die lewe weeg ook swaarder.  \n\nSonvanger is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks. Frenette van Wyk se boeke vergelyk goed met Cynthia Robertson en Leandra Naudé se skryfwerk. \n\nSonvanger is haar derde SuperRomanza wat in 2019 gepubliseer is.In die sterre geskryf het in Januarie verskyn, en Soene in ’n sandkasteel in Junie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Frenette+van+Wyk\" class=\"contributor-link\"\u003eFrenette van Wyk\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Frenette van Wyk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377275224227,"sku":"9780799396768","price":165.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799396768_f4af1f60-c979-49fa-8dbd-2c4967fbbcdb.jpg?v=1776515196","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799396768","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}