{"product_id":"9780799396799","title":"Die Alfadokument","description":"\u003cp\u003eGeloof en mag sorg vir 'n dodelike kat-en-muis speletjie...\u003cbr\u003eNadat die biljoenêr, Nico Cohen, die stigter van die Nikolaïete ŉ berugte internasionale geloofsorde, sterf, erf sy twintigjarige dogter, Michaela ('n loskop sosiale vlinder), sy posisie. Die oorblywende direkteure van die Orde, waarvan die hoofkantoor in Kaapstad gesetel is, die Groot Ses, stuit vir niks om te sorg dat hulle in beheer bly nie - ook nie vir moord nie. Dit gaan 'n eks-taakmaglid kos om die rykmansdogter te help om die orde se geheime oop te vlek. Josh Young het sy eie redes waarom hy die onaantasbare maatskappy se onderduimshede wil ontmasker. Saam moet hulle die Orde se geheime Alfadokument opspoor. Dis hulle enigste kans om te wys watse onheilighede werklik agter die sukses van die Groot Ses skuil. Die soektog neem hulle op 'n gevaarlike ekspedisie regoor Europa met ŉ moordenaar kort op hul hakke. Min weet hulle hoeveel bose geheime hulle gaan ontmasker.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ren%C3%A9+van+Zyl\" class=\"contributor-link\"\u003eRené van Zyl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"René van Zyl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377264378019,"sku":"9780799396799","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799396799_f5a39f3d-bea6-4ede-820b-ae3c6edf5712.jpg?v=1776515200","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799396799","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}