{"product_id":"9780799396881","title":"Min of meer 'n meermin","description":"\u003cp\u003eMeermin soek Aquaman\u003cbr\u003eMarina Zeeman is ŉ professionele meermin met ŉ groot verbeelding en ŉ passie vir oseaanbewaring. Ná haar verloofde haar in Amerika los vir haar beste vriendin, trek sy terug Kaapstad toe om haar beroep uit te leef. Die plek waar sy dit wil doen is Atlantis Waterwêreld, ŉ splinternuwe akwarium wat oor ŉ maand open.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e Sy wil met alle mag die ernstige eienaar, doktor Xander Strachan oortuig dat sy akwarium ŉ meermin nodig het om besoekers te lok. Die aantreklike, songebrande marinebioloog is glad nie opgetrek met die idee dat ŉ belaglike ongedierte soos ŉ meermin in sy akwarium rondswem nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e Xander is nog minder beïndruk met die feit dat sy sewejarige dogtertjie en vyfjarige seun oombliklik op Marina en haar monovin verlief raak. Marina raak net so vinnig lief vir hulle. Dit lyk egter of die geraamtes in die gesin se kas dalk gaan maak dat hierdie meermin nie haar gelukkige einde gaan kry nie. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy sal alles in haar vermoë moet doen om nie net haar droomwerk in te palm nie, maar ook haar droomman.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eRomanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequin-romanses. 'n Min of meer meermin is René van Zyl se jongste romanse. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHaar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e• Liefdesafari (Mei 2018),\u003cbr\u003e• Opa vir die liefde (Desember 2018),\u003cbr\u003e• Weer eens Lilly (April 2019), en\u003cbr\u003e• Liefde is wynrooi (Augustus 2019).\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ren%C3%A9+van+Zyl\" class=\"contributor-link\"\u003eRené van Zyl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Romanza\" class=\"contributor-link\"\u003eRomanza\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"René van Zyl,Romanza","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377276469411,"sku":"9780799396881","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799396881_a0a7e49c-f58d-4fc2-9fbe-050b0a0f3a4a.jpg?v=1776515212","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799396881","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}