{"product_id":"9780799396911","title":"Heuning om die hart","description":"\u003cp\u003eDie geur van liefde was nog nooit so aantreklik nie!\nGeorgie is tot in haar murg geskok toe sy in die koerant sien haar kêrel het by ŉ klub vir enkellopende boere wat vrou soek, begin: die Bokkies vir Boere-klub. \n\nSy  vlug na ŉ vreemde dorp en gaan gee musiek by ŉ vreemde skool. Met mans is sy vir eers klaar, baie dankie, en in haar gemoed is daar weer vrede. Of byna. Want Ben die byeboer kom versondig kort-kort haar siel, en dit boonop in haar eie musiekklas. \n\nDit is onregverdig dat so ŉ paar mooi, breë skouers op so ŉ lummel vermors is. Dan is daar ook die dinamiese wildboer, Phillip, wat vir haar blomme gee en haar vriendinne in vervoering het. \n\nMaar Georgie hou haar hart dig toegemaak, want sy het al geleer: mansmense, en veral boere, lyk dit vir haar, beteken tog net moeilkheid.\n\nRomanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequin-romanses.\n\nHeuning om die hart is Salma Swanepoel se eerste romanse in die Romanza-reeks.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Salma+Swanepoel\" class=\"contributor-link\"\u003eSalma Swanepoel\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Salma Swanepoel","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377276567715,"sku":"9780799396911","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799396911_6a51ac64-ea57-4b53-8bd2-aaa39bb82421.jpg?v=1776515216","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799396911","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}