{"product_id":"9780799397116","title":"Iemand wat verdrink en ander verhale","description":"\u003cp\u003eHierdie bundel bevat kortverhale van ’n aantal bekende skrywers, soos Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Nanette van Rooyen en Zelda Bezuidenhout. Jong stemme soos Mercy Kannemeyer, Almero Welgemoed, Corinne Raath en Arleen Stone verskyn ook in die bundel. Die bundel bevat stories wat so aangrypend is, jy sal als in een slag wil klaarlees sodat jy iemand word wat verdrink in stories …\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWord iemand wat verdrink in stories …\u003cbr\u003eIemand wat verdrink.\u003cbr\u003eIemand met 'n donker gewete.\u003cbr\u003eIemand wat 'n vloekwoord hoor.\u003cbr\u003eIemand wat nie kan sien nie.\u003cbr\u003eIemand wat oranje word.\u003cbr\u003eIemand wat gesond eet vir Instagram likes.\u003cbr\u003eIemand wat klippe en klappers gooi.\u003cbr\u003eIemand in swart en wit.\u003cbr\u003eIemand wat beheer verloor.\u003cbr\u003eIemand wat 'n boot vir sy pa bou.\u003cbr\u003eIemand wie se lewe verfrommel.\u003cbr\u003eIemand wat vir die eerste keer gim toe gaan.\u003cbr\u003eIemand wat reëls maak en wraak neem.\u003cbr\u003eIemand wat begrafnis blomme kry voor hy sterf.\u003cbr\u003eIemand en haar ouma en 'n klomp befoeterde vroue.\u003cbr\u003eIemand wat na appels ruik.\u003cbr\u003eIemand wat, die vet weet, klaar is met koolsop.\u003cbr\u003eIemand wat zombies skiet.\u003cbr\u003eIemand vir wie mieliepap soos armoede smaak.\u003cbr\u003eIemand wat op banke duik.\u003cbr\u003eIemand wie se skooltas wegraak.\u003cbr\u003eIemand wat ongelukkig 'n gelukkige trekking wen.\u003cbr\u003eIemand wat 'n nuwe hart kry.\u003cbr\u003eIemand met 'n stert.\u003cbr\u003eOntmoet hulle almal in hierdie bundel. En word iemand wat verdrink in stories.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTrefferboeke soos Slym, Klou, Betower, Bravo, Lulu, Aksieheld Austin en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen 'n huishoudelike naam gemaak. Fanie het op skool reeds in kuns belang gestel, en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook 'n visuele kunstenaar en kinderboekillustreerder wat al aan verskeie uitstallings deelgeneem het. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie, en hy het al 'n rits ATKV-Woordveertjies ingepalm.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Samesteller:+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eSamesteller: Fanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Samesteller: Fanie Viljoen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377217683619,"sku":"9780799397116","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799397116_356cc53f-dd9f-4a6a-bdaa-f3283dc72e78.jpg?v=1776515280","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799397116","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}