{"product_id":"9780799397277","title":"Klaskamer","description":"\u003cp\u003eWaar die juffer toe gedissiplineer moet word.\u003cbr\u003eVita du Preez was nog nooit skaam om haar heldinne in die bed te druk met 'n mooi man nie. Dink maar aan die openingstoneel van Solitaire waar Donna langs die bloedjong surfer wakker word!\u003cbr\u003eIn Klaskamer haal Vita die sweep uit, klits die boeie om sekere mense se polse en gee aan dissipline 'n totaal ander betekenis.\u003cbr\u003eEmma Louw kry die geleentheid om as kinderoppasser op 'n Karooplaas te gaan werk vir Daniel Swart. Sy is pas uit 'n langtermynverhouding en is lus vir 'n nuwe uitdaging.\u003cbr\u003eSy raak gou lief vir die seuntjie, en is ook nie onaangeraak deur Daniel se teenwoordigheid nie. Alles maak egter nie vir haar sin nie. Steek sy dalk haar kop in 'n byekorf? Hoekom is Daniel so geheimsinnig oor sy verlede en oor die letsel op sy bors? Waar pas die impulsiewe Sally, Daniel se eksvrou in die prentjie? Dan praat ons nie eers oor Irma Rothman nie. Sy is immers Daniel se destydse onderwyseres op skool ...\u003cbr\u003eOp 'n dag, kom Emma op 'n geheime kamer af. Dinge oor die geheimsinnige Daniel begin vir Emma duideliker word. Sal sy die binnekant van die klaskamer aandurf? Indien wel, sal sy lewendig anderkant uitkom?\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eVita du Preez is reeds 'n ou hand met die skryf van byderwetse verhale. Sy toets egter haar eie grense met Klaskamer, waarin sy die wêreld van sado-masochisme verken en so Afrikaans uiteindelik laat aanpas by die goue era van die Victoriaanse erotiek. Ná deeglike navorsing skep sy egter 'n moderne werk wat die leser neem na onbekende waters, sonder om soetsappig, of platvloers te wees. Dit kan ook vergelyk word Olivia Ryann se Punish, of met Nina Lane se werk. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKlaskamer is 'n welkome toevoeging tot erotika in Afrikaans.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Vita+Du+Preez\" class=\"contributor-link\"\u003eVita Du Preez\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Vita Du Preez","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377216766115,"sku":"9780799397277","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799397277_ccd389e9-ac1d-4386-8ac5-cce2f5f05741.jpg?v=1776515325","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799397277","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}