{"product_id":"9780799397529","title":"Solank daar liefde is Omnibus","description":"\u003cp\u003eSolank daar liefde is is 'n samestelling van drie van gewilde Magdaleen Walters se vorige Romanzas, Eugenie se timmerman, Vlindervlug en Net soos jy is.\u003cbr\u003eEugenie se timmerman:\u003cbr\u003eToe die timmerman met sy groot voete vuil saagsel spore veel verder as op haar pienk boetiek mat trap, kom Eugenie tot haar sinne.\u003cbr\u003eHaar troue met miljoenêrseun George Christodoulou is om die draai, die mediagebeurtenis van die jaar - 'n sirkus erger as 'n opgedolliede troukoek. Die paparazzi sak op haar toe, skep stories. Bruidegom George is onbereikbaar, en dis die timmerman, Christiaan Wennick, wat tot haar redding kom.\u003cbr\u003eSy kan nie nou kleinkoppie trek nie, maar sy kan ook nie met die troue voortgaan nie. Waar sy gaan, is flitsende kameras, maar Christiaan is ook daar, koel, afstandelik. Dis waar sy veilig voel, waar sy wil wees, maar helaas te laat.\u003cbr\u003eVlindervlug:\u003cbr\u003eHulle is soos skuurpapier, sy en Henning Grimbeeck. Al probeer sy ook hoe om weg te kom, hy's daar - langs haar klas waar hy natskei gee, op haar parkeerplek, in die personeelkamer, in haar lewe.\u003cbr\u003eEleanor het haar les by haar pa geleer. En Henning is ook so - dominerend, 'n boelie, 'n bedreiging … 'n man.\u003cbr\u003eAl flikker al wat vrou is op die personeel haar oë vir hom, weet sy van beter. Sy ignoreer hom, bly uit sy pad, koester haar geheim. Maar al baklei sy hoe hard, teken haar vingers vanself sy gesig. Elke dag. En dié gesig neem 'n ander vorm aan as wat haar verstand haar voorsê.\u003cbr\u003eNet soos jy is:\u003cbr\u003eDikketjies het nie 'n kans nie. Veral nie by Rudolf nie. En Marli wil hom só graag hê. Sy begin verwoed draf, sê nee dankie vir alles wat vir haar lekker is, spartel om plankdun te word.\u003cbr\u003e'n Maer, sexy lyfie sal Rudolf se aandag trek. En toe sy maer is, begin Rudolf om haar draai, fluister mooi woordjies in haar oor. En skielik weet sy - dis nie wat sy wil hê nie. Hy's mal oor haar lyf, maar wat van haar?\u003cbr\u003eNeil was reg toe hy haar gewaarsku het - pas op vir Rudolf. As iemand jou liefhet, is dit omdat jy is net soos jy is, mollige lyfie ofte nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSolank daar liefde is, is deel van die uitbreiding van die Romanza-handelsmerk, asook om boeke wat vir jare uit druk was, weer in lesers se hande te plaas.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Magdaleen+Walters\" class=\"contributor-link\"\u003eMagdaleen Walters\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Magdaleen Walters","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377217028259,"sku":"9780799397529","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799397529_8e13b28f-f9bb-4714-a1ab-03efdc378bac.jpg?v=1776515354","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799397529","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}