{"product_id":"9780799397741","title":"Olke Bolke, Lulu","description":"\u003cp\u003eLulu se grootste kompetisie nog!\u003cbr\u003eLulu droom daarvan om 'n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar tekenboek te skets nie.\u003cbr\u003eDaar is 'n vreemde reuk in Lulu-hulle se huis - die reuk van babapoeier! Lulu stem in om 'n paar dae lank 'n baba te help versorg. Klein Wikussie is die oulikste baba op aarde (behalwe as hy verrassings in sy doek maak) - en dit is groot pret om vir hom babakleertjies te ontwerp!\u003cbr\u003eMaar by die skool het Lulu groter probleme. Greta, die nuwe meisie in hulle klas, lyk baie gaaf, maar agter Lulu se rug vertel sy allerhande nare dinge ... Sy reken Lulu is glad nie so 'n goeie ontwerper as wat almal dink nie! Greta spog dat sy selfs beter klere as Lulu kan ontwerp.\u003cbr\u003eLulu besluit om die uitdaging te aanvaar. Sy en Greta gaan 'n modevertoning hou ... en kyk wie die mooiste babaklere kan ontwerp! Maar het Lulu dalk vir Greta onderskat ...?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie reeks is ideaal vir jong meisies wat 'n belangstelling in modeontwerp het. Elsbeth Eksteen se kleurvolle illustrasies, waarvoor sy al 'n ATKV Woordveertjie gewen het, bring lewe tot Lulu se pragtige ontwerpe. Die Lulu-reeks is perfek vir beginnerlesers.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Elsbeth+Eksteen\" class=\"contributor-link\"\u003eElsbeth Eksteen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fanie Viljoen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377264017571,"sku":"9780799397741","price":190.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799397741_1e9856b4-f9c1-444e-8965-99b1866627aa.jpg?v=1776515387","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799397741","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}