{"product_id":"9780799397994","title":"Die koning se paddaboudjies en ander sprokies","description":"\u003cp\u003eFeëverhale met 'n kinkel! Elkeen van hierdie verhale gee 'n klassieke verhaal 'n moderne, kontemporêre draai. Hierdie moderne sprokiesboek bevat 15 sprokies deur topskrywer Janneke Schotveld. Die verhale handel onder andere oor die kleine Oek, wat dapper genoeg is om die bos binne te gaan waar 'n gevaarlike reus  woon. Oor die ridder wat besluit om die prins van haar drome uit die kasteel van sy ouers te bevry. Oor die heks, Hettie, wat 'n besem kry vir haar verjaardag, maar nie durf vlieg nie. Oor prinses Lupine wat haar bruidegom uit sewehonderd prinse moet kies, maar geen skoenlappers in haar maag voel met een van hulle nie. En oor die koning wat daarvan hou om paddaboudjies te eet - totdat hy self skielik in 'n padda\u003cbr\u003everander.\u003cbr\u003eDie koning se paddaboudjies is 'n bundel geestige en roerende sprokies wat net effens van die tradisionele sprokiesresep afwyk. Met elke verhaal is daar pragtige tekeninge van 'n ander top-illustreerder, waaronder\u003cbr\u003eMartijn van der Linden, Thé Tjong-Khing, Linde Faas, Milja Praagman en Annet Schaap.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie stories word met soveel humor en verbeelding vertel, met 'n goeie mengsel moderne taal en die klassieke frases uit feëverhale, dat hulle 'n plesier is om te lees - en om voor te lees.\u003cbr\u003eBeide volwassenes en ouer tieners sal die satiriese styl en sosiale kommentaar van hierdie stories geniet, terwyl jonger kinders die stories as pure leesgenot sal ervaar\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Janneke+Schotveld\" class=\"contributor-link\"\u003eJanneke Schotveld\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Verskeie\" class=\"contributor-link\"\u003eVerskeie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Janneke Schotveld","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377486086307,"sku":"9780799397994","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799397994_161580ab-c8b3-4a42-91a1-d82fed7f55c5.jpg?v=1776515445","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799397994","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}