{"product_id":"9780799398274","title":"Liefde vir 'n liefling","description":"\u003cp\u003eDie liefde kry altyd sy sin ...\u003cbr\u003eVir die wêreld is Tilla Jonker die Parkers se liefling. Sy is nie net aan die stuur van hulle openbare betrekkinge nie, maar ook die hoof van hulle welsynsorganisasie. Haar hart in die laasgenoemde is suiwer, omdat sy self bitter goed weet hoe swaarkry lyk. Vir Sean Thomas is sy net die handtekening op ŉ tjek - nog ŉ rykmans-dogter wat nie weet wat om met al haar geld te maak nie. Totdat Sean vir Tilla ontmoet. Die liefde is egter nie eenvoudig nie, en al voel hulle albei die vonk, is daar reëls aan die spel wat hulle albei speel verbonde. Reëls wat kan verhoed dat daar ŉ toekoms tussen hulle is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVerskeie kwessies word aangeraak in hierdie boek. Tilla spandeer baie aandag aan 'n kinder-onkologie afdeling en daar ontwikkel 'n noue band tussen haar en een van die terminale siek dogtertjies. Die tema van aborsie en vrae oor of vroue ongewenste babas mag aborteer of eerder die babas moet laat aanneem, al kan hulle moontlik in ongelukkige huishoudelike omstandighede grootword, word aangeraak.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eRomanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequin-romanses. Liefde vir ŉ liefling is Didi Potgieter se jongste romanse. Haar vorige romanse in die Parkers-reeks was:\u003cbr\u003eLiefde vir ŉ vuurvreter (Maart 2015),\u003cbr\u003eLiefde vir ŉ vlinder (Junie 2017),\u003cbr\u003eLiefde vir ŉ ridder (November 2017),\u003cbr\u003eLiefde vir ŉ cowboy (November 2018), en\u003cbr\u003eLiefde vir ŉ feëprinses (Mei 2019).\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Didi+Potgieter\" class=\"contributor-link\"\u003eDidi Potgieter\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Didi Potgieter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377260773539,"sku":"9780799398274","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799398274_47a66882-9280-4018-a8cd-8eb932cf0dee.jpg?v=1776515507","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799398274","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}