{"product_id":"9780799398335","title":"`n Jakkals wat roep","description":"\u003cp\u003eVerbind vir die lewe\u003cbr\u003eDis Inalien se eerste dag terug op Loeriespan en sy loop haar vas in hóm, van alle mense, en hy het blykbaar nie die vaagste idee wie sy is nie. Die windgat tweegesig!\u003cbr\u003eThysjan Kennedy kom uit die besproeiingsafdeling gestap; sy voete in die swaar werkstewels gaan vanself staan toe hy die meisie by die groentesaadrakkie sien. Vergete is die koperpyp in sy hand en die haas terug plaas toe.\u003cbr\u003eTussen Inalien en Thysjan is daar 'n geskiedenis: Thysjan is onbewus daarvan; Inalien is oorbewus daarvan. Gaan sy die strydbyl begrawe, vergewe en vergeet? Dalk - as sy net eers die waarheid kan ontdek. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn hierdie boek word die konsepte van verlore liefdes en tweede kanse  ondersoek, asook die bemagtiging van vroue deur te kyk na die lewe van vroue wat hul eie plase bestuur.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eRomanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequin-romanses. ŉ Jakkals wat roep is Nellie Alberts se jongste romanse. Die meisie langsaan (Oktober 2018) was haar eerste romanse in die Romanza-reeks.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nellie+Alberts\" class=\"contributor-link\"\u003eNellie Alberts\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nellie Alberts","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377261101219,"sku":"9780799398335","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799398335_5c938edc-737a-4e1e-a2ed-0c7b284f0de7.jpg?v=1776515515","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799398335","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}