{"product_id":"9780799399097","title":"Feniks uit die vlamme","description":"\u003cp\u003eKan die geskende goue godin herstel?\nSonika Vermeulen, ŉ loopplankmodel, se lewe verander radikaal ná ŉ gaslekkasie tydens haar broer se verjaardagpartytjie, wat haar van haar gesin ontneem en geskend agter laat. Sy probeer die stukke van haar lewe weer bymekaartrek met die hulp van haar beste vriendin, wat haar aanmoedig om weer aan die lewe buite haar woonstel te begin deelneem.\nDis by ŉ partytjie van een van haar vriende wat sy die wêreldbekende plastiese sjirurg, dokter Jacques Aucamp, ontmoet. Sonika voel onmiddellik aangetrokke tot hom, maar haar geskende liggaam weerhou haar daarvan om na hom of enige ander man uit te reik. Hy is ook bekend daarvoor dat hy perfeksie in alle vlakke van sy lewe najaag; op professionele en persoonlike vlak. Dit maak hom in haar oë net meer onbereikbaar.\nSy ontdek ŉ nuwe wêreld agter die lens van ŉ kamera, en met die hulp van haar vriende beplan sy ŉ nuwe loopbaan. Toeval veroorsaak dat sy en Jacques as gaste na gemeenskaplike vriende se huis in die Kaap genooi word en ŉ verhouding tussen hulle ontstaan. Jacques bied vir haar sy plaashuis op Wellington aan om as fotografiestudio te gebruik en sy stem in.\nIntussen word Jacques se lewe deurmekaargekrap met die geboorte van sy dogter en selfsugtige afhanklikheid van sy drank- en dwelmverslaafde eksmeisie. Sonika en Jacques se paadjies skei noodgedwonge.\nSonika sukkel om geluk uit haar nuwe studio te put – wat uitsluitlik met die helingsproses van vroue met fisiese gebreke en\/of beserings werk – deels omdat sy nog nie met haar eie geskende liggaam vrede gemaak het nie, en deels omdat haar liefde vir Jacques dit vir haar onmoontlik maak om aan te beweeg. Sy ontdek dat sy swanger is nadat Jacques reeds weg is maar besluit om hom nie daarvan te vertel nie.\nHaar vriendinne oorreed haar uiteindelik om haar eie heling te soek in ŉ fantasiefotosessie op die plaas. Jacques daag toevallig by die plaas op tydens die funksie, net betyds om haar die moed te gee om met haar finale transformasie voort te gaan.\n\nRomanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequin-romanses. Feniks uit die vlamme is Magda Fourie se eerste romanse in die Romanza-reeks.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Magda+Fourie\" class=\"contributor-link\"\u003eMagda Fourie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Magda Fourie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377356554403,"sku":"9780799399097","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799399097_215ced30-75f4-4331-a4a5-dbcac3c4a1b3.jpg?v=1776515621","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799399097","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}