{"product_id":"9780799399301","title":"Vir altyd lente","description":"\u003cp\u003eSy is tuis tussen vriende en dis al wat nou saak maak, of ís dit?\nJennie Mouton is ’n verstandige meisie wat ’n enkele dwase besluit in haar lewe geneem het. Sy het op haar eie in Europa gaan toer en halsoorkop by ’n vurige Pool ingetrek.\nDie verhouding word gou afbrekend en toksies van aard. Toe sy uitvind sy is swanger, besef sy sy moet wegbreek en terugkeer na haar ouers en haar vriendekring in die Klein-Karoo. By haar ouers aangekom is daar aanvanklik nie vir haar genade nie en dit is in haar vriendekring waar sy met liefde ontvang en aanvaar word.\nHerman Fick is die macho-haarkapper, die hartebreker, die grapmaker, maar ook die man wat sy dogter alleen grootgemaak het. Niemand op die dorp weet wat tussen hom en die ma van sy kind gebeur het en wat van haar geword het nie.\nDefinitief sal niemand ooit vermoed dat hy die een kon wees wat in sy huwelik mishandel is nie. Herman en Jennie vind dat hulle nie die ou vriendskapsbande so gemaklik kan optel nie. Wanneer hy sy geheim met haar deel, vorm dit die grondslag vir ’n veel dieper verhouding.\n\nRomanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequin-romanses. Vir altyd lente is Marilé Cloete se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in:\nReg vir my (September 2018),\nPerfek vir my (Januarie 2019), en\nGenoeg vir my (Junie 2019).\nVir altyd Lente vorm deel van Marilé se Seisoene-reeks:\nHoogsomerliefde (September 2019), en\nNooit weer winter (Februarie 2020).\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Maril%C3%A9+Cloete\" class=\"contributor-link\"\u003eMarilé Cloete\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marilé Cloete","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377436180643,"sku":"9780799399301","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799399301_e105dbb8-3f52-4566-8737-b162e903f5b9.jpg?v=1776515655","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799399301","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}