{"product_id":"9780799399332","title":"Ayla se sonde","description":"\u003cp\u003eSoms lei ’n afdraaipad na die regte eindbestemming ...\nAyla vind met ’n skok uit dat sy swanger is. Die simptome was daar, maar sy het bly hoop dat sy iets anders makeer. Sy is sedert haar skooljare verlief op Adam Durandt, die kroonprins van die Durandt-sakeryk.\nMaar sy en haar alkoholispa het aan die verkeerde en armste kant van die dorp, Bloekomlaan gebly. En in Randdahl bepaal ’n mens se agtergrond jou sosiale status.\nDaarom sal Ayla nooit goed genoeg wees vir die ryk Adam Durandt nie, al droom sy al jare lank oor hom. Haar pa is intussen oorlede, en sy sorg vir haarself en het baie drome vir haarself gehad – ook om uiteindelik Randdahl te verlaat.\nHaar swangerskap verpletter egter haar drome, ook nog meer toe Adam aanvanklik niks wil weet van die baba nie. Hulle het tydens ’n vriendin se verlowingspartytjie te ver gegaan, maar nou wil hy niks met die gevolge van daardie een aand te doen hê nie. Adam se skatryk familie verwag van hom om met die ewe ryk Patricia Bicknell te trou, maar dis glad nie wat hy wil hê nie.\nAanvanklik lyk die nuus waarmee Ayla die mat onder sy voete uitruk na ’n ramp, maar hy besef gou dat dit eerder as ’n seën gesien moet word en hom die uitkoms bied waarna hy verlang.\n\nRomanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequin-romanses. Ayla se sonde is Alma Carstens se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in:\nLenteliefde (Februarie 2018),\nSomersprokie (Julie 2018),\nWinterdroom (Oktober 2018),\nLiefde uit Italië (Junie 2019), en\nDie onwillige strooimeisie (Desember 2019)\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Alma+Carstens\" class=\"contributor-link\"\u003eAlma Carstens\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Alma Carstens","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377436049571,"sku":"9780799399332","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799399332_9b313785-7755-4133-a884-6c110542cfae.jpg?v=1776515659","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799399332","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}