{"product_id":"9780799399424","title":"As dit voel soos liefde","description":"\u003cp\u003eDis of sy vir die heel eerste keer kan vóél …\u003cbr\u003eTerwyl Natasha haar huwelik probeer ontbind, klou haar ontroue man onverwags daaraan, beslis nie omdat hy skielik ontdek het hy het haar eintlik lief nie.\u003cbr\u003eSaam met die stuiptrekkings van hierdie huwelik, verskyn 'n ander komplikasie in haar lewe: 'n man wat sy vier jaar gelede op haar wittebrood gesien het en nooit kon vergeet nie. Nooit, ooit sal sy haar weer in 'n huwelik begewe omdat dit die regte ding is om te doen nie, neem sy haar voor, of om iemand anders te behaag.\u003cbr\u003eDit kos haar egter nie juis oorreding om Marc daarvan te oortuig nie. Hy glo trouens glad nie in die huwelik nie, en omdat hy so dikwels vir sy werk in Londen moet wees, is dit nie eens 'n opsie nie.\u003cbr\u003eAl twee weet hul fisieke aantrekkingskrag kan vir hulle net pyn bring. En al twee vind dit ewe moeilik om van mekaar af weg te bly. Toe gebeur daar iets wat hul lewe totaal omvergooi en hulle moet sterk staan in omstandighede wat nie een van hulle voorsien het nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLesers kry weer met die karakters op Assordante te doen wat in As dit proe soos liefde was. As dit voel soos liefde is Didi Potgieter se tweede langer romanse. Didi se boeke kan vergelyk word met dié van Dina Botha, Marilé Cloete en Elsa Winckler.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Didi+Potgieter\" class=\"contributor-link\"\u003eDidi Potgieter\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Didi Potgieter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377438376099,"sku":"9780799399424","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799399424_c4f2584e-a80f-4498-9508-630ddb22ec99.jpg?v=1776515671","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799399424","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}