{"product_id":"9780799399714","title":"Elle-Omnibus 3 in 1 (Rocksusters \/ Duinebesies \/ Franse Vlegsel)","description":"\u003cp\u003eNog drie boeke in die immergewilde reeks vir meisies\u003cbr\u003eIn die volgende drie boeke van die Elle-reeks beleef Elle en haar vriende klomp avonture.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Rocksusters kan Elle nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys plaasvind nie. Die Musikanto is ʼn splinternuwe, landswye skolefees. Maar eers moet die skoolorkes genoeg geld insamel om in ʼn ordentlike hotel te gaan bly … \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Duinebesies moet Elle teësinnig na Namibië gaan om saam met haar oom Eddie goggas te vang. Belaglik! Tog is die woestynuitstappie baie meer opwindend as wat Elle verwag het. Dit het dalk te make met ʼn paar\u003cbr\u003emanstudente in die navorsingsgroep wat enige meisie twee keer laat kyk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Franse vlegsel gee die woord losloper vir Elle koue rillings … Dit is presies wat sy hierdie jaar gaan wees wanneer Alex op ʼn 4x4-toer gaan. Die enigste lekker ding wat vir Elle voorlê, is haar vakansie na Parys in\u003cbr\u003eFrankryk saam met Refi. Maar ʼn uitruilstudent met stoute groen oë maak ʼn onverwagse opwagting, en hy doen vreemde dinge aan Elle se hart.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Christien+Neser\" class=\"contributor-link\"\u003eChristien Neser\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Christien Neser","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377533862051,"sku":"9780799399714","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799399714_91fdd775-7a56-47fc-8b91-22df376206e8.jpg?v=1776515683","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799399714","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}