{"product_id":"9780799399752","title":"Z-A-K 2 : Die reis na Zenkion","description":"\u003cp\u003eʼn Buitengewone reis na die buitenste ruim ...\u003cbr\u003eToe Mitch daardie oggend met 'n knop op sy maag wakker geword het, het hy geen idee gehad dat aliens sy tuisdorp sou binneval en sy gesin saam met so baie ander sou ontvoer nie. Nog minder sou hy kon raai dat\u003cbr\u003ehy en sy beste vriend Lionel daardie aand die ruimte sou invaar saam met Imke en haar Zenkioniet-vriende. Maar hier is hulle nou, iewers in die ruimte op Akaï-hulle se astrotuig, en Mitch se lewe is op pad om nog méér uitmekaar te val.\u003cbr\u003eHulle ontmoet vir Grol en Slom, twee aliens wat Mitch aan paddas laat dink, en vir Martura en sy makkers, die eenoog-aliens wat hulle gevange neem en op Skurorinok, die alien-swartmark, wil gaan verkoop. Op\u003cbr\u003eSkurorinok word Mitch, Akaï en die ander van Lionel en Imke geskei. Sal hy ooit weer vir Imke of Lionel sien? Wat gaan in die geheim op Zenkion aan en hoe pas die ontvoerde Aardbewoners in die prentjie?\u003cbr\u003eSluit by Mitch aan vir 'n aksiebelaaide avontuur oor aliens, astrotuie en 'n soeke na antwoorde.\u003cbr\u003eZ-A-K: Die reis na Zenkion is die opvolg van die eerste boek in die Z-A-K-reeks, Z-A-K: Die Blou Planeet.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Theresa+van+Baalen\" class=\"contributor-link\"\u003eTheresa van Baalen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Zinelda+McDonald\" class=\"contributor-link\"\u003eZinelda McDonald\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Theresa van Baalen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377508499619,"sku":"9780799399752","price":120.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799399752_7d111705-a171-447c-99b4-77b47998451f.jpg?v=1776515691","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799399752","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}