{"product_id":"9780799399899","title":"Die opstand van Poppie Nel","description":"\u003cp\u003eLiefde is al wat vir die mens oor is...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDaar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. \u003cbr\u003eDit lyk egter nie asof sy wil nie - praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir 'n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig. Só ontvou Poppie se verhaal. Dit begin in haar ouerhuis en in 'n saaltjie op 'n plot waar 'n pastoor openbarings kry en waar die Nels slaafse navolgers van sy leringe is. \u003cbr\u003eDis net, die openbarings kom en gaan soos dit die pastoor ten beste kan dien. Langmourokke, manskoene, niks mooimaakgoed nie, studie is ook van die duiwel, uitgedink deur die bose wêreld daar buite. Die skade aan 'n meisiekind se siel ... Nou ja. \u003cbr\u003eUiteindelik berei Lukas 'n preek oor die liefde voor. Want dit is al wat daar vir die mens oor is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie boek kan vergelyk word met Dis ek, Anna, alhoewel die tema van seksuele molestasie heeltemal anders benader word. Hans du Plessis se ander titels sluit in Drie vroue en ŉ meisie en Tussen die klippe.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hans+du+Plessis\" class=\"contributor-link\"\u003eHans du Plessis\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hans du Plessis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376628547747,"sku":"9780799399899","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799399899_dfd35955-746b-443c-ab4f-b6a2aaf72a1c.jpg?v=1776515708","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799399899","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}